Your Recipe Blog

MAKLIKE BEESSTERT MET ROOIWYN

MAKLIKE BEESSTERT MET ROOIWYN

  • 1 ½ beesstert (± 2 kg)
  • 2 uie
  • 1 pakkie tamatie puree
  • klein aartappels
  • beesvleis aftreksel
  • ¼ koppie Worcestersous
  • ½ bottel rooiwyn
  • sout en peper na smaak
  • 8 kruie naeltjies
  • 3 lourierblare

Braai beesstert en uie met Worcestersous tot lekker bruin. Voeg aftreksel en sout by.
Plaas in oond teen 170°C vir so uur.
Haal uit, voeg res van die bestanddele by en plaas terug in die oond tot alles lekker sag is en sous dik is.
Roer so elke uur bietjie. Dit behoort na so 4 ure reg te wees.
Bedien saam met rys of stampmielies.

Resep en foto: Loraine Peyper Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page