Your Recipe Blog

MAKLIKE AVOKADO VOORGEREG

MAKLIKE AVOKADO VOORGEREG

“Baie maklik en vinnig en lyk mooi.”

  • ¼ avokado per porsie
  • klein tamaties, na smaak
  • olyfolie, vir braai
  • mozzarellakaasballetjies, na smaak
  • basieliekruid, gekap, na smaak
  • balsamiese asyn, opsioneel
  • suurlemoensap, na smaak
  • swartpeper, na smaak

Sprinkel ’n bietjie suurlemoensap oor die  geskilde gesnyde avokado sodat dit nie verbruin nie.
Plaas die mozzarellakaas binne-in die holtes van die avokadostukke.
Braai die klein tamaties in ‘n bietjie olyfolie, of in ‘n pan of in die oond.
Skep die tamaties bo-op die avokado en kaas.
Strooi fyn gekapte basieliekruid bo-oor.
Geur met die swartpeper.
Die balsamiese asyn word in die bottel op die tafel geplaas, want dis nie almal wat daarvan hou nie.
Bedien met ‘n sny Franse brood wat gerooster en gesmeer is met mosterdbotter. Die botter is by kamertemperatuur om sag te word en gemeng met ‘n bietjie dijonmosterd.

Resep en foto: Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page