Your Recipe Blog

MAKLIKE APPELTERT MET VARIASIES

Recipe by
Cook: 40 minute | Servings: 1 medium tert

MAKLIKE APPELTERT MET VARIASIES

  • Deeg:
  • 1 eier
  • 1 koppie witsuiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 koppie melk
  • knippie sout
  • 1 klein blikkie tertappels gedreineer
  • Sous:
  • 1 koppie vars room
  • ½ koppie witsuiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 eetlepel botter

Klits die eier en suiker in ‘n mengbak totdat dit goed gemeng is.
Meng die meel en bakpoeier saam en voeg dit om die beurt met die melk by die eier- en suikermengsel en roer tot ‘n slap deeg.
Neem die tertappels en voeg dit by die deeg of pak die appels onder in die tertbak wat met kleefwerende sproei gespuit is en giet die beslag oor die appels, dis jou keuse.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 180 ºC vir ongeveer 40 minute.
Plaas intussen die bestanddele vir die sous in ‘n potjie op die stoof en verhit totdat die suiker opgelos en die botter gesmelt is.
Steek gaatjies met ‘n tandestokkie in die tert en giet die warm sous oor die tert, sodra dit uit die oond verwyder word. Help die sous maar so effens in om die randte met ‘n slaplem mes.

Variasies: Rina Kleinhans
Ek het ‘n 440g blikkie pyappelstukkies gebruik en 60 ml bloubessies.
Ek het ongeveer 100ml van die pynappelsap in die blikkie gemeng met die roommengsel vir die sous, en dit het die tert baie lekker klam gemaak, amper die tekstuur van ‘n gebakte poeding – heerlik klam.
Ek het ‘n 26 x 16 cm pyrex bak gebruik en dit het perfek gewerk.
Marietjie van Niekerk
Nog lekkerder as jy self appels met ‘n paar heel naeltjies in kook en karamel geursel gebruik ipv vanilla.
Gertruida Van Der Linde
Maak dit met perskes!!!
Linda Du Preez
Dit is van die beste gebakte terte/poedings. Maak dit al jare. Net my familie eet geensins gebakte vrugte in enige dis nie. So ek maak baie keer vir hul “appeltert sonder appels”
Dis ook heerlik met pere en dan natuurlik sommer ‘n blik gemengde vrugte. Beslis ‘n wenner tert hierdie.
Tinus Fourie
Probeer gerus karamel geursel in die sousie, kan ook bietjie kaneel by die beslag voeg. Heerlik!
Antjie Reiter
Gebruik 410g geblikte pere in plaas van tertapples, heerlik.

Resep en 2de foto: Marlene Minderon
Foto:  Rina Kleinhans

One Review

  1. Haneline Hanekom

    Nice and easy, i reduce the sugar. Use ideal milk instead of cream.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page