MAGDA SE SMULLEKKER PAVLOVA
- 4 eierwitte
- 250 g strooisuiker (1 ¼ koppie)
- 2 ml wit asyn
- 5 ml mielieblom
- 1 blik Caramel Treat
- 2 koppies room, styf geklop
- vars aarbeie, bloubessies en kersies
Klits eierwitte met elektriese klitser tot punte vorm.
Klits die suiker op stadige spoed by tot die mengsel styf en glanserig voorkom.
Voeg die asyn en mielieblom by en vou in met ‘n metaallepel.
Trek ‘n sirkel van 20 cm op ‘n velletjie bakpapier.
Skep die mengsel op die sirkel soos verkies, kan dit ook spuit met ‘n spuitsak op die sirkel.
Die mengsel is genoeg vir 2 skywe soos op die foto.
Bak teen 160°C vir een en ‘n half uur. Skakel die oond af, en laat afkoel in die oond.
Om die nagereg saam te stel:
Plaas die eerste laag meringue op die opsien bord.
Smeer ‘n lekker laag Caramel Treat gevolg deur styfgeklopte room.
Plaas tweede skyf bo-op en herhaal met karamel en room.
Versier met vars aarbeie, bessies en kersies. Rond af met gerasperde sjokolade en mint blaartjies.
Hierdie mengsel maak ook een groot pavlova. Lig die kante effens om spasie te maak vir die vulsel.
Resep en foto: Magda Stoffberg
Nota: Rina Kleinhans –
Ek sal dit teen 120 – 140°C bak dit verkleur te vinnig na my smaak.