Your Recipe Blog

MAGDA SE BEESVLEIS BREYANI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2.5 ure + 30 min.

MAGDA SE BEESVLEIS BREYANI

Op versoek van my seun Japie Jacobs vanaand gemaak.
Japie Jacobs  – Jis Moeks baie dankie ek so geseënd, my gunstelling♥️

  • 800 g beesvleisblokkies, of skaap
  • 500 g Bulgaarse jogurt
  • 200 g breyani paste, of enige kerri paste
  • 375 ml Tastic rys, week 30 min in water en spoel af
  • 2 blikkies lensies, afgewater
  • 2 groot uie, in blokkies gesny
  • 4 groot aartappels, in blokkies gesny
  • 25 ml olie
  • 750 ml kookwater
  • sout en peper na smaak

Meng jogurt en breyani pasta en marineer die vleis oornag daarin.
Braai uie en aartappels in olie tot goudbruin.
Spuit ‘n groot bakskottel met Spray and Cook.
Pak in lae:  onder die vleis in marinade, dan die rou geweekte rys en dan die lensies.
Giet water oor.
Skep die gebraaide uie en aartappels, sout en peper na smaak bo-op en bedek met foelie.
Bak vir 2 ½ ure by 180ºC en dan 30 min onbedek.
Bedien met raita en blatjang.

Resep geplaas deur Magda Bellingan Garbers
Foto:  Magda Bellingan Garbers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page