Your Recipe Blog

MACARONS

Recipe by
Cook: 15 - 17 minute

MACARONS

  • 70 g eierwit
  • 40 g stooisuiker
  • 100 g versiersuiker
  • 60 g amandelmeel (3 maal gesif)
  • ½ teelepel karamelgeursel
  • geel koekkleursel (ek het goud gebruik)

Voer bakplaat uit met bakpapier of gebruik silikoon bakmat.
Klits eierwitte tot sagte punte in ‘n skoon glasbak. Voeg strooisuiker by en klits tot stywe punte vorm.
Vou die geursel en kleursel by eierwit mengsel in.
Sif meel en versiersuiker drie keer goed saam (baie belangrik).
Vou nou meelmengsel stadig by eiermengsel en meng stadig en goed deur. Die mengsel moet soos nat sand wees – nie te slap nie.
Plaas mengsel in versiersak met ‘n groterige plein, ronde punt.
Spuit sirkels uit op die voorbereide bakplaat, met genoeg spasie tussen in.
Laat val bakplaat paar keer op die toonbak (moet gedoen word).
Indien daar punte is, maak ‘n tafelmes se punt of jou vinger nat met water om dit plat te druk.
Nou vir die geduld… laat staan die panne vir ± een uur. Die macarons moet droog wees bo-op.
Bak in vooraf verhitte oond by 150°C vir 15 – 17 minute.
Haal die pan uit die oond en laat die macarons afkoel op die plaat vir 10 minute.
Haal die macarons versigtig af en laat verder afkoel op draadrakkie.

Nota:
Ek het gekookte kondensmelk (caramel treat) gebruik vir vulsel.

Resep en foto: Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5