MACARONI SLAAI
My aangepaste weergawe van die macaroni slaai resep van die challenge.
- ½ pak rou macaroni
- 1 klein rooi ui, in klein blokkies
- ½ soetrissie, in klein blokkies
- 250 g Cheddar kaas, in klein blokkies
- 1 koppie mayonnaise
- ¼ teelepel mosterdpoeier
- sout en gemaalde swartpeper, na smaak
- 1 groot handvol grasuie, fyn gekap
Kook die macaroni tot gaar en laat koud word.
Voeg al die ander bestanddele by die koue macaroni, meng goed deur.
Hou in yskas tot benodig.
Skep op ‘n mooi opdienbord en bedien… geniet!
Foto: Leandri Potgieter