Your Recipe Blog

MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEKE

Cook: 35 minute

MAALVLEISVULSEL VIR VETKOEKE

  • 500 g maalvleis
  • 2 uie, fyn gesny
  • 1 blikkie gemengde groente, gedreineer
  • 15 ml kerriepoeier
  • 2,5 ml komyn
  • 5 ml borrie
  • 15 ml asyn
  • 10 ml suiker
  • 5 ml sout
  • bietjie olie vir braai

Verhit ‘n diep pan of groot genoeg pot op die stoof met ‘n bietjie olie en braai die uie in die pan tot sag.
Voeg die kerrie, komyn, borrie, asyn, suiker en sout by die uie en braai verder vir ongeveer 10 minute terwyl aanhoudend roer.
Voeg die maalvleis by die uiemengsel, roer deur en laat die mengsel prut op lae hitte vir 20 minute.
Voeg die groente by die vleismengsel en prut vir ‘n verdere 5 minute.
Vul die vetkoeke en geniet.

Resep en foto: Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page