Your Recipe Blog

MAALVLEISPASTEI MET SKILFERKORSDEEG

Recipe by
Cook: 25 minute

MAALVLEISPASTEI MET SKILFERKORSDEEG

  • skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 500 g maalvleis
  • sout en peper, na smaak
  • 1 groot ui
  • 250 ml gevriesde gemengde groente of ertjies
  • 1 groot aartappel of 2 medium-aartappels, in blokkies gesny
  • olie, om uie te braai
  • 5 ml fyn naeltjies
  • 30 ml Worcestersous
  • 15 ml tamatiesous
  • 1 beesvleisekstrak blokkie, met 350 ml kook water aangemaak
  • soppoeier, om bietjie te bind
  • geklitste eier en melk gemeng vir oorsmeer

Voorverhit oond tot 200°C.
Braai uie in olie tot sag.
Voeg maalvleis, speserye, sout en peper by en braai tot bruin.
Voeg aartappels en aftreksel by en kook tot sag.
Voeg gemengde groente, worcestersous, tamatiesous by en kook sag tot meeste water weggekook is.
Sprinkel die droë soppoeier versigtig oor en roer tot dit verdik en deurgekook is. Haal af van die stoof af  en laat af koel. Vleis moet niet te veel sous hê nie.
Rol deeg oop op die werksoppervlak, skep die maalvleis mengsel in die middel, los die kante oop.
Sny deegkante in stroke en vou oorlangs oor mekaar, oor die maalvleis, om die vleis te bedek.
Verf rou eier met melk gemeng oor pasteikors en plaas die pastei in’n oonspan.
Bak in die oond vir so 25 minute.

Resep en drie foto’s: Heleen Brümmer Nel
Vierde foto: Sanelisiwe Ndhlovu

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page