MAALVLEISPASTEI MET OORGOOI DEEG
- 1 kg maalvleis
- 500 ml koue water
- 250 ml sagte broodkrummels
- 25 ml asyn
- 10 ml sout
- 1 ml peper
- Kors:
- 1 eier
- 125 ml melk
- 125 ml olie
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
Plaas al die bestanddele vir die vulsel in ‘n kastrol en meng met ‘n groot vurk.
Verhit tot kookpunt, roer gereeld en kook 5 min tot mengsel nie meer pienk is nie, maar steeds souserig.
Skep die vulsel in ‘n voorbereide pasteibak.
Kors (oorgooi deeg):
Klits eier, olie en melk saam. Sif meel, bakpoeier en sout en meng dit met eiermengsel.
Skep beslag oor die warm vulsel. Bak sowat 30 min by 180ºC.
Nota:
Ek het helfte van vulsel gebruik en hele kors en dit so 20 min in konveksieoond gebak.
Resep geplaas deur Frieda Greyling
Foto: Lelane van der Walt














Maklik om te maak en heerlik!
This is a real very nice almost end of the month receipe!! Love this