MAALVLEIS UIERINGE
Hoeveelhede hang af van die hoeveelheid mense waarvoor jy dit voorberei.
- maalvleis, gegeur na smaak
- uie, lekker dik skywe gesny soos op foto
- gemengde speserye
- sout en swart peper
- Cheddar kaas, in blokkies gesny
- broodkrummels, om in te rol
- eier, geklits om in te doop
- koekmeel, om in te rol
- olie, vir braai
Vul die uieringe met gegeurde maalvleis (speserye en sout en peper) soos op die foto.
Sit ‘n blokkie kaas bo-op elke gevulde ring.
Bedek die kaas met nog maalvleis, druk stewig vas.
Doop elke gevulde uiering in eier, meel en broodkrummels, pak oop op ‘n skinkbord en maak goed koud in die yskas of vrieskas vir ‘n rukkie.
Braai in olie vir 4 – 6 min.
Foto’s en idee: Cecil Dunhin