Your Recipe Blog

MAALVLEIS TORTILLAS

MAALVLEIS TORTILLAS

  • 1 ui, fyn gekap
  • 2 knoffelvinngers, fyngekap
  • 1 groen soetrissie, fyn gesny
  • 1 rissie, fyn gesny
  • olie
  • 7 ½ ml fyn koljander
  • 7 ½ ml fyn jeera (komyn)
  • 2 ½ ml fyn kaneel
  • 2 ml gemengde speserye
  • 2 ml rissiepoeier
  • 2 ½ ml droë oreganum
  • 500 ml maalvleis
  • sout en peper
  • 80 ml tamatiepuree
  • 1 klein blikkie tamaties, opgesny
  • 20 ml suiker
  • gerasperde kaas, opsioneel

Braai die uie in olie tot glasig.
Voeg die green soetrissie by en braai verder.
Voeg die knoffel en rissie by, en braai tot gaar.
Voeg dan die koljander, komyn, kaneel, speserye, rissiepoeier en oreganum by.
Roerbraai 1 minuut lank.
Voeg die maalvleis by asook sout en peper na smaak.
Voeg die tamatie puree, asook die blikkie tamaties by.
Voeg die suiker by en laat prut tot dik en geurig.
Bedien met tortillas.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page