MAALVLEIS GEVULDE MURGPAMPOEN
Ek het vandag hierdie heerlike gevulde Baby Marrow gemaak. Dit is baie vullend en kan bedien word saam met gebakte aartappel wiggies of heel soet mielies.
- 1 groot lang murgpampoen
- 1 kg maalvleis
- ½ pakkie spekstukkies
- 2 medium uie, gekap
- 2 spriet uie, fyn gesny
- 1 – 2 soetrissie gesny, rooi en geel
- ½ pakkie sampioene, gesny
- 1 pakkie cook-in-sauce savoury mince droë mengsel
- 2 soorte gerasperde kaas na smaak
- vlees van die murgpampoen se punt wat afgesny is
- gaar skulpie pasta, hoeveelheid na smaak
- paprika vir opdiening
Sny punt van murgpamoen af en hol uit met lang lepel sodat al die pitte uit is. Moet nie skil nie. Indien die pampoen bietjie hard is sit ‘n paar minute in mikrogolf om te versag.
Braai uie, soetrissie, sampioene, vlees van murgpampoen punt wat in blokkies gesny is, spriet uie en spekstukkies tot amper gaar en bruin. Voeg die maalvleis by en verrbruin, stel hitte af na medium. Strooi nou die pakkie “cook in sauce” oor en roer goed deur. Pasta kan nou bygevoeg word, laastens voeg die 2 soorte kaas by en meng.
Plaas murgpampoen op foelie in oondpan en skep die maalvleis mengsel styf binne in.
Strooi gerasperde kaas bo oor, vou foelie toe en bak in oond by 180°C vir ongeveer 30 minute.
Maak foelie oop strooi nog kaas bo oor en bak oop tot kaas gesmelt en bruin.
Strooi paprika bo oor , laat afkoel en sny in wiele.
Bedien.
Resep en foto: Hettie Stoltz