Your Recipe Blog

MAALVLEIS- EN KOOLGEBAK

Recipe by
Cook: 40 minute

MAALVLEIS- EN KOOLGEBAK

Hierdie is ‘n lekker goedkoop, vinnige en maklike aandete, maalvleis en kool gebak. Daar is baie weergawes op die internet, maar hierdie is my interpretasie. Keto/low carb en diabeet vriendelik. En heerlik op ‘n Maandagaand.

  • Vleis:
  • 15 ml olyfolie
  • 1 klein ui, gekap
  • 2 – 3 repe spek, gekap
  • 500 g maalvleis
  • 1 ½ teelepels knoffelpoeier
  • 1 teelepel vleisspeserye
  • sout en peper na smaak
  • Kool mengsel:
  • 20 ml olyfolie
  • 2 repe spek, gekap
  • ⅓ – ½ kop kool, fyn gesny
  • sout en peper na smaak
  • 125 g suurroom
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 1 eetlepel mosterd
  • 1 eier
  • 200 ml gerasperde kaas

Vleis:
Verhit olie in ‘n pan (of ‘n pot wat in die oond kan ingaan) en braai die uie en spek vir ongeveer 10 minute.
Voeg die maalvleis en speserye by, en braai nog 10 minute totdat die vleis gaar is. Sit eenkant (gebruik ‘n 30 cm x 30 cm voorafgesmeerde oondbak as jy ‘n oondbak gaan gebruik).

Kool:
Braai die spek vir 5 minute in ‘n pan, en voeg die kool en geurmiddels by. Braai nog 10 minute. Roer nou die suurroom, mayonnaise en mosterd deur en prut vir ‘n verdere 3 minute. Roer die eier deur en skep die koolmengsel bo-op die maalvleis. Sprinkel die kaas bo-oor en bak 30 minute bedek en 10 minute oop by 180ºC tot goudbruin.

Resep en foto geplaas deur Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page