Your Recipe Blog

MAAK JOU EIE CAPPUCCINO

MAAK JOU EIE CAPPUCCINO

Maak 3 koppies droë mengsel.
Met hierdie resep kan jy 3 x soveel cappuccino kry as die gekooptes. Dit werk baie goedkoper uit. Verdubbel mengsel aangesien jy die bestanddele het.

  • 1 koppie Ellis Brown of Cremora
  • 1 koppie warm sjokoladepoeier ( hot chocolate) bv. Nestlè
  • ⅔ koppie koffiepoeier van jou keuse
  • ½ koppie suiker of strooisuiker (dit kan uitgelos word sodat elkeen sy eie suiker kan ingooi na smaak)
  • ½ teelepel kaneel
  • ¼ teelepel neutmuskaat

Sif al die bestanddele 2 of 3 keer saam sodat dit goed kan meng.
Bere in ‘n lugdigte houer.

Gebruiksaanwysings:
Om 1 koppie te maak roer 3 eetlepels (minder of meer na smaak) in warm water uit die ketel.

Wenk:
As jy eers die mengsel met ‘n bietjie warm water aangemaak het, hou die ketel in die lug en gooi ‘n dun straaltjie water (so hoog bo die beker as moontlik) in die beker en jou cappuccino behoort te skuim.

Nadine Schoeman:
Het die resep ook vir jare gedoen toe ek koffiekroeg gehad het. Baie lekker met nog bietjie filter koffie by. Klits tot als opgelos het en dan gooi ek soms warm melk in. Heerlik!

Foto:  Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page