Your Recipe Blog

MA SARIE SE PIESANGBROOD

Recipe by
Cook: 60 minute

MA SARIE SE PIESANGBROOD

Het gister die lekkerste piesangbrood gebak. Die resep is afkomstig uit Tannie Poppie Kook se resepteboek. Ek het al baie verskillende resepte probeer en dit is al of dit altyd te klam uitkom. Die een was perfek en heerlik.

  • 125 g botter of margarien
  • 375 ml suiker
  • 3 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml fyngedrukte piesang
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 1.5 ml sout
  • 25 ml melk

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klits die botter of margarien en suiker saam.
Voeg eiers een vir een by en klits die mengsel na elke eier.
Voeg die geursel en piesangmoes by.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die meelmengsel om die beurt met die melk by die piesangmengsel.
Skep in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1 uur lank tot gaar.

Resep geplaas deur Sarie van Vuuren
Foto: Sarie van Vuuren
2de foto Fransie Krige – ek het net bietjie gekapte neute oorgestrooi voor ek hom gebak het.  Dit is regtig ‘n heerlike resep.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page