MA SARAH SE MELKTERT
Ma Sarah se melktert gebak: herinneringe is goud
- Vulsel:
- 6 koppies melk
- 5 ml sout
- 5 eetlepels botter
- 6 groot eiers
- 250 ml koekmeel
- 4 eetlepels Maizena
- 350 ml suiker
- 10 ml vanilla
- 5 ml karamelgeursel
- 1 stokkaneel
Klits eiers met sout en suiker tot liggeel en donsig. Neem 250 ml melk en voeg meel en Maizena by, roer goed, voeg by eiermengsel en klits weer.
Bring res van die melk tot kookpunt met stokkaneel in. Voeg gedeelte kookmelk by meelmengsel, voeg by res, roer goed met balklitser. Bring alles weer tot kookpunt, roer kort-kort, pap moet lekker dik en deurgekook wees. Roer geursel en botter in tot gesmelt. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Kors:
Gekoopte phillo-velle.
Ek gebruik so 5/6 velle op tertbord, elke vel gesmeer met gesmelte botter, vou na smaak. Bak korse by 180 ºC tot ligbruin en krakerig.
Haal kaneelstok uit pap en skep lepelsvol in korse. Gooi geil met kaneelpoeier en plaas in yskas tot gestol.
Variasie:
Roer 300 ml geroosterde klapper by papmengsel voor dit in korse geskep word.
Enjoy
Resep en foto: Floraine Wasserman Venter