MA LU SE BRUINTJIES
Het gister die brownies gebak, gedink ek en manlief sal dit oor ‘n koppie koffie eet! Maar ek was verkeerd my kinders het dit ondek 😐 dit het nie lank gehou nie. Voorwaar baie lekker!
Ek het net nie die versiersel gebruik nie ek het sjokolade gesmelt en oor gesit.
- 250 g botter
- ½ koppie kakao
- ¾ koppie suiker
- 4 eiers
- 1½ koppie koekmeel
- ½ teelepel sout
- 10 ml vanilla geursel
Smelt die botter en klits die kakao, suiker en eiers by.
Voeg die koekmeel, sout en vanilla geursel by.
Plaas alles in gesmeerde oondbak en bak 10 – 15 minute by 180ºC.
Laat effens afkoel en smeer versiersel oor.
- Versiersel:
- 125 g botter
- 4 eetlepels melk
- ½ koppie kakao
- 2½ koppies versiersuiker
- 1 teelepel vanilla geursel
Smelt die botter en melk saam en klits die kakao, versiersuiker en vanilla geursel by.
Meng goed.
Smeer oor koeklaag en laat dit stol. Sny in blokkies en bêre in lugdigte houer.