Your Recipe Blog

MA LENA SE CRUNCHIE KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute | Servings: 60 koekies

MA LENA SE CRUNCHIE KOEKIES

Ek het nie koekie drukkers en meultjies nie…so hierdie is my gunsteling kerskoekie van my Ouma. Jy het net jou hande en vingers nodig. My seuns sal die saam met koffie eet vir ontbyt (in plaas van beskuit) as ek hulle ‘n halwe kans gee en met al die hawermout in is dit amper ‘n ronde gesondheidstafie. Ek het die beslag gehalveer, en korente en bosbessies by een helfte gevoeg, en gekapte sjokolade by die ander helfte. Ek het van die koekies nie plat gedruk nie net vir bietjie verandering.

  • 2 ½ koppies hawermout
  • 1 koppie klapper
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 ½ koppies suiker
  • 250 g botter of margarien
  • 2 eetlepels gouestroop
  • 2 teelepels koeksoda
  • 5 ml vanilla vanilla geursel
  • ½ teelepel sout
  • 3 eetlepels water
  • 2 eiers
  • 125 ml korente en droë bosbessies gemeng
  • ¾ plak melksjokolade, in stukkies gesny

Meng die hawermout, klapper, meel en suiker saam.
Smelt botter, en voeg stroop, koeksoda, vanilla, water en sout by.
Meng met droë bestanddele.
Voeg eiers by en meng weer.
Verdeel mengsel tussen twee bakke.
Meng sjokolade met een helfte en droëvrugte met die ander helfte van die deeg.
Rol in balletjies (so groot soos ‘n groot albaster), pak 12 op ‘n pan uitgevoer met bakpapier, en druk plat of los net so.
Bak 15 minute by 180ºC tot goudbruin.

Nota:
Die koekies is sag as hulle uit die oond kom, maar raak hard sodra dit afkoel.

Resep en foto’s: Ilze Garbers Jacobs
Hoof foto: Liza Cilliers  – ek het net die naweek dit gebak baie lekker uitgekom my ouma se resep kry net nie vanilla in nie gaan dit bietjie probeer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page