LYNETTE SE KLAPPER MELKTERT
Ek het hierdie melktert gemaak en dit is ‘n wenner, ek het ‘n bietjie kaneel bo-oor gestrooi voor die laaste krummels, en dit is heerlik verby. Ek het hom ook met xylitol gemaak, dieselfde hoeveelheid as wat die resep gebruik, maar ek is seker mens kan net ongeveer 80 – 100 ml gebruik.
- Kors:
- ½ koppie koekmeel
- 125 g margarien, gesmelt
- 1 ¼ koppie klapper
- ½ pak fyn Tennis beskuitjies
- ½ koppie suiker
Meng korsbestanddele goed saam. Hou ½ koppie van die korsbestanddele een kant.
Druk res vas in gesmeerde diep tertbak.
- Vulsel:
- 1 liter melk
- 125 g margarien
- 3 groot eiers, geskei
- 1 koppie koekmeel
- ¾ koppie suiker
- 5 ml vanilla geursel
Klits eierwitte styf en hou eenkant.
Smelt botter, suiker en 750 ml melk oor stadige hitte.
Meng res van melk met meel en eiergeel. Meng met warm melk en kook tot effe dik.
Meng vanilla geursel by en vou styf geklitste eierwit in met ‘n lepel.
Skep oor kors. Strooi die res van die korsbestanddele oor.
Bak vir 30 minute by 180°C.
Resep geplaas deur Marlize Williams
Foto: Rina Kleinhans