Your Recipe Blog

LYNETTE SE KLAPPER MELKTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

LYNETTE SE KLAPPER MELKTERT

Resep geplaas deur Marlize Williams
Foto’s: Rina Kleinhans
Ek het hierdie melktert gemaak en dit is ‘n wenner, ek het ‘n bietjie kaneel bo-oor gestrooi voor die laaste krummels, en dit is heerlik verby. Ek het hom ook met xylitol gemaak, dieselfde hoeveelheid as wat die resep gebruik, maar ek is seker mens kan net ongeveer 80 – 100 ml gebruik.

  • Kors:
  • ½ koppie koekmeel
  • 125 g margarien, gesmelt
  • 1 ¼ koppie klapper
  • ½ pak fyn Tennisbeskuitjies
  • ½ koppie suiker
  • Optioneel: 1 teelepel kaneel

Meng korsbestanddele goed saam. Hou ½ koppie van die korsbestanddele een kant.
Druk res vas in gesmeerde diep tertbak.

  • Vulsel:
  • 1 liter melk
  • 125 g margarien
  • 3 groot eiers, geskei
  • 1 koppie koekmeel
  • ¾ koppie suiker
  • 5 ml vanilla geursel

Klits eierwitte styf en hou eenkant.
Smelt botter, suiker en 750 ml melk oor stadige hitte.
Meng res van melk met meel en eiergeel. Meng met warm melk en kook tot effe dik.
Meng vanilla geursel by en vou styf geklitste eierwit in met ‘n lepel.
Skep oor kors. Strooi die res van die korsbestanddele oor.
Bak vir 30 minute by 180°C.

Nota: Rina Kleinhans
Foto van ronde pan:  Gebruik ‘n 22cm losboompan, indien jy ‘n 20cm een gebruik is die melkpap bietjie te veel, maar dit is heerlik om dit sommer net so te eet. Ek het ook ‘n hoogvol eetlepel meel uitgeskep en dit vervang met vlapoeier vir ‘n mooi geel kleur.

4 Reviews

  1. Shireen Kajee

    Hi Rina. I see it’s called “coconut tart” but tgere is no coconut listed in the ingredients? Regards,
    Shireen

    Star
    • Hi Shireen, the coconut is in the crust and then you sprinkel some of the crust mix on top. Please change your rating on this recipe, because it is a 5 star recipe.
      Hope you come right.
      Regards
      Rina

  2. Florence

    this is a great recipe I will recommend it to anyone who needs a coconut tart recipe .Regards Florence

    Star
  3. Nicoleen

    Delicious

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page