LOUISE SE PAMPOENTERT
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie suiker
- 2 teelepels bakpoeier
- 3 koppies gaar pampoen of botterskorsie (nie waterig)
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels sagte botter
- 3 eiers
- 250 ml room (of ½ room ½ melk)
- kaneelsuiker om bo-oor te strooi
Meng al die bestanddele, behalwe die kaneelsuiker.
Plaas die mengsel in ‘n gesmeerde oondvaste bak.
Bak vir 40 tot 45 minute op 180°C.
Dit is nog effens sag as gaar.
Strooi kaneelsuiker oor as dit uit die oond kom.
Nota:
Die tert sny maklik as dit afgekoel het, dit is mooi stewig.
Na die 45 min lyk dit dalk nie gaar as jy ‘n mes insteek nie, maar moenie worry nie, laat dit net heeltemal afkoel, dan is dit perfek.
Ek het die resep al baie dubbeld aangemaak, werk net so goed. Dan bak ek dit in die groot swart oondpan. Ek maak maar altyd dubbeld, want dit vlieg as dit op tafel kom!
Resep en foto: Louise Groenewald