Your Recipe Blog

LOUISE SE HOENDERLEWERPATEE

LOUISE SE HOENDERLEWERPATEE

Ek maak al baie jare hoenderlewerpatee, dit is my gunsteling patee Dis baie belangrik dat dit ‘n paar dae voor die tyd gemaak word, want die geur verbeter dramaties na dit ‘n paar dae in die yskas gestaan het.

  • 3 uie
  • 500 g bakkie hoenderlewers
  • Geurmiddels na smaak:
  • sout en swart paper
  • 2 loerierblare
  • fyn neut
  • tiemie
  • knippie rooipeper
  • ‘n goeie skeut sjerrie

Braai die uie in botter tot heeltemal gaar. Maak die lewertjies voor die tyd mooi skoon, sny enige pypies en “grizzly bits” af met ‘n skerp mes en verwyder ook enige groen stukkies (dis gal en ons wil nie dit eet nie).
Sit die lewertjie in ‘n sif dat die water kan dreineer. As die uie gaar is, verhoog die hitte tot maksimum en voeg dan die lewertjies by, roerbraai vinnig en voeg dan al die geurmiddels by.

Roerbraai tot net-net gaar, die lewertjies kan nog effens pienk wees. Moenie skaam wees met die geurmiddels nie, dit moet goed gegeur word. Laat bietjie afkoel, verwyder loerierblare en verpulp dit in ‘n voedselverwerker, plaas in glas bakkies en gooi gesmelte botter bo-oor. Bêre in die yskas.

Nota:
Jy kan die hitte hoog hou en die sousie wegkook as jy wil. Andersins kan jy dit saam fynmaak. Die patee raak stywer as dit in die yskas staan.

Resep- Louise Groenewald (eie resep)

Karika Etzebeth:
Ek het 1 ui fyn gesny en in botter gebraai, (ek weet nie hoeveel nie, ek het net in gegooi) Ek het dit toe gebraai tot dit sag was en toe gooi ek die lewertjies by en dit tot gaar gebraai en so effens bruin. My spices wat ek ingegooi het is baie swart peper, sout, garlic sout en ook Cayenne pepper. En al moet ek self sê: dis ongelooflik lekker kan nie wag vir dit om tot môre te staan sodat ek dit op toast kan eet vir breakfast. Askuus ek het garlic ook saam die ui gebraai.

Saam met die lekker lewer patee:
Kombinasies van kersie tamaties , songedroogde tamaties, roomkaas, tiemie, pietersielie en peper.

Foto: Werner Jacques Blauw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page