Your Recipe Blog

LOUISE SE BOONTJIESOP

LOUISE SE BOONTJIESOP

Ek moes net… dit reën kliphard en die windjie is soos ys… sneeu op die berge.

  • 1 pakkie suikerboontjies (laslappie)
  • 1 pakkie klein wit boontjies
  • sopvleis (shin, stewing beef met vet verwyder, ens)
  • 2 uie of 1 bossie preie
  • 1 – 2 bossies wortels, gerasper (of die soort wat in repies gesny is, kap dit net fyner)
  • 1 blikkie tamatiepasta
  • 1 pakkie soppoeier (enige vleis geur)
  • Aromat
  • wit peper

Plaas die boontjies in twee aparte bakke en bedek met water. Doen dit reeds die vorige aand. Vervang die water voor jy gaan slaap, week die boontjies oornag. Spoel die boontjies die volgende dag af en plaas die boontjies, vleis en uie of preie in die drukkoker. Bedek met 1,7 liter kookwater.
Laat stoom opkom en kook vir 20 minute. Verwyder van plaat en laat stoom afloop.

Voeg die drukkoker se inhoud in ‘n groot soppot. Voeg res van bestanddele by plus 1 liter kookwater. Bring tot kookpunt en prut dan baie stadig vir 1 – 2 ure. Roer gereeld.

Proe en voeg nog sout by indien nodig.
Sop van hierdie hoeveelheid sal ten minste 10 – 15 ml sout nodig hê.
Die rou groente absorbeer heelwat sout.

Resep: Louise Groenwald
Foto: Wanda Botha

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page