LOUISA SE SOETKOEKIES
My kleindogter het kom kuier en ons 2tjies het koekies gebak.
- 4 koppies koekmeel
- 1 koppie suiker
- 3 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- 250 g botter/Stork bake
- 4 jumbo eiers
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng die droë bestanddele saam. Vryf die botter in die meelmengels in.
Klits die eiers en voeg by die meelmengsel. Meng goed tot stywe deeg vorm.
Rol uit op voorbereide oppervlak en druk vormpies af.
Plaas op gesmeerde bakplaat, bak vir 20 min.
Nota:
Indien verkies, kan ‘n kwart rooi of groen kersie bo-op gesit word voor jy die koekies bak, of versier soos verkies.
Resep en foto : Louisa Rossouw Hollenbach