LORAINE SE ROMERIGE HOENDERLEWERTJIES
- 4 x 250 g gewone hoenderlewertjies
- 2 x 250 g Peri-peri hoenderlewertjies
- 4 medium uie, grof gekerf
- 3 eetlepels perske blatjang
- 2 teelepels matige kerriepoeier
- 125 ml room
- sout en peper na smaak
- olie vir braai van uie
Braai uie tot amper gaar in die olie.
Voeg die hoenderlewertjes by en braai (moenie al die sous van die peri-peri hoenderlewertjies byvoeg nie – afhangende van jou smaak)
Meng die blatjang, kerriepoeier, sout en peper en voeg by die uie en hoenderlewertjie mengsel.
Braai oor matige hitte tot amper gaar (wees versigtig, moenie teveel roer nie want die lewertjies verloor hul tekstuur)
Giet room bo-oor en kook tot amper droog.
Bedien saam met die kaas, spek en ham mini broodjies.
Resep en foto: Loraine Roelofse