LOMARI SE KARRINGMELKBESKUIT
- 1 kg koekmeel
- 250 g Wooden Spoon botter
- 2 eiers
- 5 ml sout
- 10 ml bakpoeier
- 4 teelepels krematart
- 2 teelepels koeksoda
- 350 ml suiker
- 400 ml karringmelk
- 125 ml room
- sjokolade skyfies (chocolate chips)
Sif die meel, bakpoeier, krematart, sout, koeksoda en suiker saam.
Smelt die botter en klits die eiers by.
Voeg die karringmelk en room by die eiermengsel.
Meng die droë bestanddele saam die eiermengsel.
Knie tot elasties.
Deel die deeg in twee en voeg “Chocolate chips” by die een helfte.
Smeer ‘n oondpan en druk die deeg in die pan, maak gelyk.
Laat staan so paar minute om te rys.
Bak vir 30 minute teen 180°C.
Koel af en sny die grote van jou keuse.
Droog uit teen 100°C ± 90 minute.
Draai die beskuit om half pad deur die uitdroog tyd.
Nota:
Ek kon ‘n 5 liter emmer vol maak uit die resep.
Ek dink die resep is ideaal vir mense wat nog leer bak.
Resep en foto: Lomari Aspeling