Your Recipe Blog

LOMARI SE KARRINGMELKBESKUIT

Recipe by
Cook: 30 minute

LOMARI SE KARRINGMELKBESKUIT

Resep en foto:  Lomari Aspeling

  • 1 kg koekmeel
  • 250 g Wooden Spoon botter
  • 2 eiers
  • 5 ml sout
  • 10 ml bakpoeier
  • 4 teelepels krematart
  • 2 teelepels koeksoda
  • 350 ml suiker
  • 400 ml karringmelk
  • 125 ml room
  • sjokolade skyfies (chocolate chips)
  • Sif die meel, bakpoeier, krematart, sout, koeksoda en suiker saam.
  • Smelt die botter en klits die eiers by.
  • Voeg die karringmelk en room by die eiermengsel.
  • Meng die droë bestanddele saam die eiermengsel.
  • Knie tot elasties.
  • Deel die deeg in twee en voeg “Chocolate chips” by die een helfte.
  • Smeer ‘n oondpan en druk die deeg in die pan, maak gelyk.
  • Laat staan so paar minute om te rys.
  • Bak vir 30 minute teen 180°C.
  • Koel af en sny die grote van jou keuse.
  • Droog uit teen 100°C ± 90 minute.
  • Draai die beskuit om half pad deur die uitdroog tyd.

Nota:
Ek kon ‘n 5 liter emmer vol maak uit die resep.
Ek dink die resep is ideaal vir mense wat nog leer bak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page