LIPLEKSMAKIE – VRUGTEKELKIE POEDING
As ek reg onthou was dit ‘n Huisgenoot Wenresep gunsteling waarmee ons grootgeraak het.
- 500 ml bruismeel
- 200 ml suiker
- knippie sout
- klapper, opsioneel
- 200 g botter/margarien
- 1 groot blik vrugtekelkie (fruit cocktail) – 825 g
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas vrugte saam met die stroop/sous, in ‘n gesmeerde oondbak.
Vryf die botter in die droë bestanddele in.
Strooi die meelmengsel oor die vrugte in die oondbak.
Bak vir 30 min. tot die meelmengsel ‘n mooi kleur het.
Resep gepos deur: Annelie Kruger
Foto: Annelie Kruger