LIPLEKKER PANNEKOEK
Die mengsel kan ‘n paar dae in die yskas gebêre word. Dit word nie taai nie as dit opgewarm word nie.
- 5 ekstra-groot eiers
- 6 x 250 ml melk
- 5 ml sout
- 500 ml olie
- 15 ml vanilla geursel
- 4 x 250 ml bruismeel
Klits die eiers, voeg die melk, sout en olie by en klits goed. Voeg die vanilla geursel by. Meng die bruismeel bietjies-bietjies op ‘n slag by en klits goed. Maak seker daar is geen klontjies nie.
Laat minstens ‘n halfuur lank staan en bak in ‘n warm pan.
Laat minstens ‘n halfuur lank staan en bak in ‘n warm pan.
Resep geplaas en foto: Louisa Hollenbach
Category: