LINDA SE WORTELKOEK
Hierdie is die oorspronklike resep, ek het hom verdubbel en steeds as ‘n enkellaag koek gebak vir ‘n familie funksie.
- 750 ml gesifte koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 10 ml elk kaneel en “allspice”
- 5 ml elk gemmer, neutmuskaat (nutmeg), sout
- 500 ml karamel bruinsuiker
- 325 ml kookolie
- 4 ekstra groot eiers
- 10 ml karamel of vanilla geursel
- 750 ml fyn gerasperde wortels
- 100 g pekanneute of okkerneute, fyner gekap
- 440 g blik fyn pynappel, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam en plaas eenkant.
Klits die suiker, olie, eiers en ekstrak in ‘n aparte bak.
Meng die wortels, neute en pynappel in die derde bak.
Meng al 3 die mengsels goed saam.
Skep die mengsel in ‘n diep 23 cm gesmeerde bak wat uitgevoer is met bakpapier.
Bak vir ongeveer 1h 45 minute.
Bedek die pan met foelie na sowat ‘n uur om te voorkom dat hy brand aan die bokant.
Versier met jou eie roomkaas versiersel of soos verkies.
Nota:
Om die resep te verdubbel het ek die koek in ‘n diep 30 cm pan gebak op 170°C, ook vir 1h 45 minute.
Die koek is lekker klam en was omtrent swaar (in gewig)!
Resep en foto: Linda Grobbelaar