LIEZL SE KAAP MALEISE HOENDER POTJIE
- 30 ml canola olie
- 2 uie, fyngekap
- sout en gemaalde peper
- 10 stukkies hoender boude en dye in totaal
- 4 knoffelhuisies, fyngekerf
- 3 cm stuk gemmer, gerasper
- ½ eetlepel fyn borrie
- 5 teelepels elk matige kerriepoeier en garam marsala
- 15 ml elk fyn komyn en koljander
- 1 takkie kerrieblare
- 1 pakkie 50 g tamatie pasta
- 2 slaai tamaties, gerasper
- 1 blik 400 g gekapte tamaties
- 6 kleinerige aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 1 koppie hoenderaftreksel
- 1 blik 400 g volroom klappermelk
- ‘n paar safraandraaitjies, opsioneel
- 100 g Turkse appelkose
- ‘n handvol gekapte koljander en ongegeurde jogurt en droë klapper, vir voorsit
Verhit die olie en soteer die uie tot sag vir 5 tot 8 min.
Geur die hoender met die droë speserye en sit in die pot en verbruin oraloor.
Voeg die knoffel gemmer en borrie by en braai vir nog vyf min.
Roer die fyn speserye by en braai tot geurig en roer sodat die vleis bedek word met die speserye.
Voeg die kerrieblare by asook alle tamaties en pasta en aftreksel.
Plaas deksel op en laat prut vir 30 tot 40 min.
Meng die klappermelk en safraan en gooi saam met die appelkose by.
Laat prut vir nog ‘n verder 30 min.
Roer die koljander by en en sit voor.
Plaas ‘n roti op jou bord en skep die kerrie bo-op saam met ‘n lepel jogurt en droë klapper.
‘n Ongelooflike smaak sensasie.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw