Your Recipe Blog

LENSIESOP MET KLUITJIES

LENSIESOP MET KLUITJIES

Hier is lekker kluitjies (dumplings) vir sop soos my ouma my geleer het.

  • Kluitjies vir sop:
  • 1 eetlepel botter
  • ¾ koppie water
  • ¾ koppie koekmeel
  • knippie sout
  • 1 eier

Kook die water en botter saam.
Roer die meel daarby en roer tot daar geen klontjies meer in mengsel is nie, laat afkoel.
Voeg die eier by en meng goed.
Skep die deeg met ‘n teelepel in die kokende sop.
Plaas deksel op en kook tot sag en gaar.

Nota:
Ek maak die volgende sop altyd daarby. My man en kinders hou baie daarvan.
Ek het nie juis ‘n maat nie. Gooi sommer na gevoel die bestanddele in pot.

  • Lensiesop:
  • 1 pak oranje lensies
  • 6 na 8 groot wortels, gerasper
  • 2 gerasperde aartappels
  • 2 groot sopbene
  • 1 vleis ekstrak blokkie
  • 1 groot ui, fyn gekap nie gerasper
  • 3 – 4 rape, gerasper
  • 4 groot tamaties, velletjie afgetrek en pitte verwyder en fyn gekap
  • 1 pakkie tamatie roomsoppoeier
  • sout en peper na smaak

Spoel lensies af. Plaas saam met al die bestanddele behalwe die tamatiesoppoeier en tamaties in sop pot.
Bedek met genoeg water en kook tot groente amper gaar is. Voeg tamaties by en kook tot gaar.
Maak soppoeier aan met bietjie water en voeg by.
Bring sop tot kookpunt en geur met sout en peper na smaak.
Skep nou die kluitjies in die kokende sop en kook tot kluitjies gaar is en sop lekker dik is.
Moenie die deksel optel vir die eerste 10 min nadat die kluitjies ingesit is nie.

Nota:
As daar sop oorbly, vries dit. Die sop vries goed.
Laat net goed koud word voor dit in yskas of vrieskas gesit word.

Resep en foto: Tim En Elsie Slabbert

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page