LENSIEKROKETTE
Ons het vir ‘n oudurfie gistraand hierdie baie lekker lensiekrokette gemaak soos in die Huisgenoot gesien.
Ons het dit wel ‘n bietjie gewysig en die resep gehalveer soos volg.
- ¾ koppie bruismeel
- 2 klein eiers, geklits
- 1¼ koppie gaar rooilensies, gaargemaak soos op sakkie
- 70 ml bevrore mielies, ontdooi
- 70 ml wortels, grof gerasper
- 40 ml fyn gekapte roketblare
- 20 ml gekapte sprietuie
- 2.5 ml sout
- 2.5 ml komyn
- 2.5 ml koljander
- 1 teelepel fyn knoffel
- ¾ teelepel rissie vlokkies
- olie vir vlak braai
Meng die meel en speserye en hou eenkant.
Meng die eiers en res van die bestanddele behalwe die olie en voeg die meel mengsel by.
Roer goed sodat geen klonte gevorm word nie.
Verhit die olie, ek het dit sommer in my rooipannetjie op die kole gedoen.
Skep met ‘n lepel van die mengsel en plaas in warm olie, druk effe plat sodat dit ‘n koekie vorm.
Bak vir ‘n paar minute aan beide kante tot mooi goudbruin.
Plaas op handdoekrol papier om te dreineer.
Nota:
Dit was heeerlik ons het nie ‘n sous gemaak nie, sommer netso geniet.
Resep en fotos: Gideon Louw