LENIE SE VINNIGE PASTA AANDETE
Ek was lus vir iets baie vinnig vir aandete op ‘n Saterdagaand. Hier is die resultaat.
- 250 g (halwe pakkie) spaghetti, gaar gemaak soos op verpakking
- 1 blik chakalaka
- 2 uie, gekap
- 1 groen soetrissie, gekap
- 1 tamatie, in stukkies gesny
- olie, vir braai
- 6 eiers, geklits
- kaas na smaak, vir bedekking
Braai uie, soetrissie en tamatie saam.
Voeg spaghetti en chakalaka by uiemengsel en meng.
Plaas in gesmeerde oondbak.
Giet geklitste eier oor en bedek met kaas.
Bak in oond by 180 °C tot gaar.
Resep en foto: Lenie Van Heerden