Your Recipe Blog

LEMON MERINGUE TERT MET LEMON CREAM KOEKIES

LEMON MERINGUE TERT MET LEMON CREAM KOEKIES

Resep en foto: Mike en Tania Claassen

  • Kors:
  • 1 pakkie Lemon Cream beskuitjies, fyn gemaak
  • 100 g botter gesmelt
  • Meng fyn gemaakte koekies met gesmelte botter of margarien (70%).
  • Druk dit egalig uit op bodem en kant van ‘n tertbak. (ongeveer 30 cm in deursnee).
  • Sit in yskas terwyl jy die vulsel maak.
  • Vulsel:
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 3 eetlepels mielieblom (Maizena)
  • 1.5 koppies water
  • 2 suurlemoene, skil fyn af gerasper en sap uitgedruk
  • 2 eetlepels botter
  • 4 eiergele
  • Meng suiker, koekmeel, mielieblom, water, suurlemoen skil en sap saam in ‘n pot.
  • Kook stadig op die stoof todat mengsel verdik soos ‘n melktertpap mengsel.
  • Klits eiergele saam en voeg klein bietjie van warm vulselmengsel by terwyl aanhou klits.
  • Voeg dan die eiermengsel by die res van warm vulsel en meng goed deur.
  • Sit mensel weer terug op die stoof tot alles mooi saam gemeng is, voeg die botter by en meng.
  • Haal van stoof af. Skep die vulselmengsel in die tertbak met kors. Versprei vulsel mooi egalig.
  • Meringue:
  • 6 eierwitte
  • 9 eetlepels suiker
  • Klits eierwitte styf en voeg stadig die suiker by, klits tot dit sagte punte maak.
  • Skep die meringue bo-op tertvulsel en versprei egalige oor hele tert.
  • Bak in voorverhitte oond op 200°C vir ongeveer 10 min of tot jy sien die bokant begin verkleur.
  • Nota:
  • Gebruik ook ‘n blaasvlam brander as jy een het om meringue te verkleur.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page