Your Recipe Blog

LEMOENVARKTJOPS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 80 - 90 minute

LEMOENVARKTJOPS

Ek het hierdie resep op ons website gekry en sommer bietjie aangepas met wat ek gehad het. Ek het ook die sous meer gemaak omdat ek dit saam met rys bedien het. Regtig baie lekker, ek sal dit beslis weer maak.

  • ʼn bietjie olyfolie vir braai
  • 6 groot varklende tjops (sowat 1 kg), sonder swoerd of oormatige vet
  • ʼn bietjie seesout en vars gemaalde peper
  • 375 ml lemoensap
  • 125 ml hoenderaftreksel
  • 30 ml Worcestersous
  • 2 ml fyn kaneel
  • ʼn klein stukkie vars gemmerwortel, geskil en grof gerasper
  • 10 ml stukkies droë nartjieskil
  • 20 ml loperige heuning
  • 80 ml pitlose bosbessies
  • 45 ml koekmeel

Verhit die olie in ʼn braaipan, voeg die tjops by en verseël vinnig aan weerskante – moenie bruin braai nie.
Skep oor in ʼn oonskottel waarin dit taamlik styf pas en geur liggies met sout en peper.
Meng die lemoensap en hoenderaftrekselmet die res van die bestanddele, behalwe die meel.
Maak die meel aan met ‘n klein bietjie lemoensap en roer in by die lemoensapmengsel Giet die mengsel in die pan waarin jy die tjops gedoen het, sit die stoof op medium hitte en roer terwyl dit opkook en verdik.
Giet die sous oor die tjops in die oondskottel.
Maak dig toe met ‘n deksel of met foelie.
Bak vir 40 minute teen 180 °C.
Draai die tjops om, maak weer toe en bak vir nog 20 minute.
Maak die oondskottel oop en bak verder vir ongeveer 20 min tot die tjops lekker sag en bruinerig is en die sous redelik afgekook het tot ‘n dik sous.
Bedien saam met rys en groente van jou keuse.

Nota:
Ek het die swoerd en vet wat ek afgesny het, in ‘n aparte bakkie ook in die oond gesit en hulle lekker laat uitbraai tot bros, fyn gemaal en nou gaan ek ‘n heerlike kaiingbroodjie bak daarvan.

Resep aanpassing: Rina Kleinhans
Foto: Rina Kleihans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page