LEMOENSOENTJIES
My bydrae vir die sitrus uitdaging.
- Koekies:
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 1 blik kondensmelk
- 30 ml lemoensap
- skil van 1 lemoen, gerasper
- knippie sout
- 2 pakkies Marie beskuitjies, fyn gemaak
- 2 koppies klapper
- Versiersel:
- 2 koppies versiersuiker
- lemoensap
Voeg die botter, suiker, kondensmelk, sap, skil en sout in ‘n potjie en verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Voeg die beskuitjies en klapper by en meng goed deur.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bakplaat en druk dit liggies vas in die pan.
Maak die mengsel glad en gelyk bo op en laat dit afkoel.
Voeg net genoeg lemoensap by die versiersuiker om dit smeerbaar te maak en smeer die versiersel oor die koekies in die pan.
Laat die koekies met die vulsel goed afkoel in die yskas tot dit hard is en sny die koekies dan in blokkies.
Resep en foto: Erna Hattingh