LEMOENPOEDING
- Deeg:
- 1 koppie witsuiker
- ½ koppie botter
- 2 groot eiers, geskei
- 2 teelepels vanilla geursel
- 1 ½ koppie koekmeel
- 1 ¾ teelepel bakpoeier
- ½ koppie melk
- Sous:
- 1.5 liter 100% lemoensap
- 4 – 5 eetlepels suiker of na maak
- 4 groot lemoene se skil, gerasper
- 2 lemoene se sap
Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Room die botter en suiker in ‘n mengbak, voeg die vanilla geursel en die eiergele by die bottermengsel en meng deur.
Plaas die eierwitte in ‘n glasbak en klits die witte tot styf met ‘n klitser.
Plaas die meel en bakpoeier in ‘n bak, meng deur.
Voeg die bottermengsel om die beurt met die melk by die droë bestanddele en meng tot ‘n gladde deeg.
Vou die styfgeklitsde eierwitte met ‘n metaallepel by die deeg in.
Giet die deeg in ‘n oondvaste bak en bak die poeding in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 30 minute of tot gaar.
Berei intussen die stroop voor.
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol en verhit die stroop op die stoof tot kookpunt, roer aanhoudend.
Verwyder die stroop van die stoof af en laat dit effens afkoel.
Wanneer die poeding uit die oond kom, druk gaatjies met ‘n vurk in die poeding en giet die stroop eweredig oor die warm poeding.
Laat staan die poeding sodat al die sous absorbeer.
Bedien die lemoenpoeding warm of koud met vars room of vanilla roomys.
Resep en foto: Neville Grobler