Your Recipe Blog

LEMOENPOEDING OP DIE STOOF

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 minute | Servings: 6 - 8 porsies

LEMOENPOEDING OP DIE STOOF

Dis heerlik! Volgende keer sal ek die vla los en die stroop verdubbel of net die helfte meer maak, want dis die lekkerste sous vir hierdie poeding.

  • Stroop:
  • 500 ml lemoensap
  • 125 ml water
  • 375 ml suiker
  • Beslag:
  • 50 g botter of margarien
  • 125 ml melk
  • 1 eier
  • 375 ml koekmeel
  • 12.5 ml bakpoeier
  • 125 ml suiker
  • sout

Stroop:
Verhit lemoensap, water en suiker tot kookpunt in ‘n groot kastrol met ‘n dik boom en ‘n deksel wat styf pas.

Beslag:
Smelt die botter/margarien. Klits die melk en eier by. Sif die meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Meng dit met die melkmengsel.
Skep lepelsvol van die beslag in die kokende stroop. Sit die deksel op.
Kook die poeding 10 tot 15 minute oor matige hitte sonder om die deksel op te lig.(BAIE BELANGRIK anders slaan die poeding toe)
Dien die poeding warm op met vlasous  of roomys.
Resep geplaas deur Huibré Müller – My kinders terg my omdat ek altyd die suiker verminder in nageregte resepte. 🙂 So in hierdie resep het ek self net 180 ml suiker in die stroop en 80 ml in die beslag gebruik.

Foto: Louise Woeke Von Ludwig

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page