LEMOENPOEDING MET ‘N STROOP
- 1 groot lemoen
- 250 ml suiker
- 125 ml margarien
- 3 eiers
- 500 ml bruismeel
- 2 ml sout
- 5 ml koeksoda
- 125 ml melk
Kook lemoen tot sag, haal pitte uit en verpulp, hou eenkant terwyl afkoel.
Verroom botter en suiker, klits eiers een-een by.
Vou nou verpulpte lemoen by.
Voeg meel en sout by. Meng deur.
Los koeksoda in melk op, voeg by bogenoemde mengsel en meng deur.
Bak by 180°C vir 25 min.
- Stroop:
- Kook die volgende tot stroperig:
- sap van twee lemoene
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- Vir die skyfies:
- lemoen, in skyfies gesny
- 1 koppie suiker
- ¼ koppie water
Kook die suiker en water saam, sodra die suiker gesmelt is, voeg die skyfies by, kook tot taai stropie vorm, dreineer die skyfies en hou eenkant.
Bedien die porsies apart met bietjie stroop en ‘n versoete lemoenskyfie of twee.
Geniet!!
Resep en foto: Brunhilda Venter