LEMOENKONFYT (MIKROGOLF)
Heerlike lemoen konfyt gemaaķ vandag. (mikrogolf resep)
- 1.5 kg lemoene
- 2 suurlemoene se sap
- 1.7 kg suiker
- 500 ml water
- 30 ml botter
- 7 ml pektien, om stroop mooi dik te maak
Ek het 6 Valentias lemoene afgeskil en die vleis van die lemoene in stukkies gesny. Haal al die pitte uit. Druk 2 suurlemoene se sap uit. Rasper een suurlemoen se skil effe af en voeg by.
Neem ‘n mikrogolf glasbak wat groot genoeg is.
Meng lemoene wat geskil en fyn gekap is in die bak en mikrogolf saam met die pektien en botter op hoog vir so 12 minute. Roer deur. Meng nou suiker by en roer goed.
Voeg water en suurlemoen skil by. Roer deur.
Mikrogolf nou vir 10 minute op 100 % krag.
Haal uit en roer weer goed deur.
Sit weer terug en mikrogolf weer vir 10 minute. Haal uit en roer weer deur.
Ek sit dit so in vir ongeveer 35 minute, of tot jy gelukkig is met konfyt se stroop dikte.
Steriliseer bottels en deksels, skep in flesse en bottel warm.
Nota:
Ek was bottels goed uit en sit sonder deksels in mikrogolf vir 2 tot 3 minute. Dit werk baie goed.
Botter laat konfyt nie oorkook nie, en maak nie skuim nie.
Resep en foto: Amanda Naude
Dankie vir die maklike resep.
Koop mens die pektien apart en waar? Nooit geweet nie…
Hi Ilze ja mens koop dit by die apteek of by meeste gesondheids winkels, maar jy kan dit ook self kook van groen appels of ander vrugte met hoë pektien.
http://www.foodloversrecipes.com/2014/10/appel-pektien/