LEMOEN “SLUSH PUPPY”
Het die reseppie gekry hoe ek dit toerentyd gemaak het.
- 5 liter water
- 4 koppies suiker
- 2 teelepels wynsteensuur
- 4 teelepels kremetart
- 15 – 20 ml geursel
Meng alles saam tot suiker opgelos is, voeg kleusel by.
Vries die mengsel tot wanneer jy dit wil gebruik.
Skraap die ys soos roomys af en plaas in mooi glase.
Bedien dadelik.
Nota:
Enige geursel en voedselkleursel kan gebruik word.
Jy kan enige vrugte verpulp en ook bysit.
Resep en foto: Annelie van Niekerk