Your Recipe Blog

LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 2 porsies

LEMOEN EN HEUNING SOET WORTELS

Nou ja almal het maar hulle manier van soet wortels kook, maar ek moet sê hierdie is vir my die lekkerste soet wortels, ek deel dit graag met julle, ek maak ook my soet patats soms so.

  • 3 groot wortels, geskil en in ringetjies gesny
  • sout na smaak
  • 125 ml vars lemoensap
  • 1 eetlepel suiker/versoeter
  • 1 eetlepel margarien
  • 2 eetlepels heuning
  • 2.5 ml kaneelpoeier
  • 1 teelepel Maizena, indien nodig

Sit net genoeg water in ‘n kastrol om die wortels te bedek. Sprinkel bietjie sout oor.
Kook tot net begin sag word, moet nog harderig wees, anders kook dit pap.
Dreineer die water en sit die wortels terug op die plaat.
Giet die vars uitgedrukte lemoensap by, saam met die suiker/versoeter en margarien.
Sit deksel op en kook tot sous begin dikker word.
Moenie teveel roer nie dan breek die wortels.
Voeg die heuning en kaneel by en laat lekker deurkook.
Sous behoort nou al lekker dik te wees, indien nie, neem die Maizena, maak aan met bietjie water, voeg stadig by terwyl jy versigtig roer, tot die regte dikte. Indien jy nie al die Maizena water gebruik nie, gooi die res weg.
Draai plaat op laagste stelling en laat net rustig deurkook.

Foto variasie:
Weer vandag my gewilde wortels gemaak, maar in die plek van kaneel het ek vars gemmer stukkies en ook lemoenskil bygesit, bietjie meer xylitol gebruik en die heuning uitgelaat… dit is regtig ‘n heerlike manier om wortels te doen en die kleur op die bord is pragtig.

Dit is heerlik verby!

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5