LELANE SE “ROAST BEEF”
Roast beef vir aandete!
- 1 heel “beef roast”
- rou knoffel in toontjies of stukkies
- Oornag gemarinade:
- ½ koppie olyfolie
- ¼ koppie Worcestersous
- ½ koppie rooiwyn
Stop die hele roast met rou knoffel, druk gaatjies met skerm mes en druk ‘n knoffel toontjie in elke gaatjie in.
Meng die marinade bestanddele en giet oor die vleis. Sit oornag in die yskas met ‘n deksel op, draai paar keer om indien moontlik.
Volgende dag:
Sprinkel met droë roosmaryn, sout en peper, steak and chop spice, koljander en meat tenderizer.
Plaas in oondpan saam met die marinade.
Bak 1 uur in gasoond op laag of halfuur op 180°C in gewone oond, bedruip kort kort met die pansappe.
Die baktyd hang af van hoe gaar jy dit wil hê, dit moet nog bietjie pienk wees binne.
Laat goed afkoel en sny in lekker dun skywe, of bedien soos verkies.
Nota:
Ek’t dit oop gebak, sonder deksel of foelie. Afhangende van die groote.
Resep en foto: Lelane Van Der Walt












