Your Recipe Blog

LEKKERSTE MAKLIKSTE SAGOPOEDING

LEKKERSTE MAKLIKSTE SAGOPOEDING

Ek maak ‘n baie maklike (en heerlike) sagopoeding. Ek meng net alles saam in ‘n pot, kook dit stadig en dit word glad nie gebak nie. Dis baie maklik en lekker. Dis ‘n resep wat ek self verwerk het.

  • 1 koppie sago
  • 2 koppies water
  • 600 ml melk
  • 1 eetlepel botter
  • 3 eiers, geklits
  • ½ koppie suiker
  • knippie sout
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • kaneelsuiker

Week die sago in die water vir 2 ure.
Plaas al die bestanddele saam in ‘n groot pot en verhit oor lae hitte.
Roer af en toe (sago brand maklik aan onder in die pot, hou hitte van plaat baie laag).
Prut 10 – 15 minute tot die sago gaar en deurskynend is. Die mengsel sal verdik.
Verwyder kastrol van stoofplaat en haal die kaneelstokkie uit. Roer die vanilla geursel by.
Bedien louwarm saam met dun vla of room, appelkooskonfyt, konfytstukke of gouestroop of strooi net kaneelsuiker oor.
Resep kan maklik verdubbel word.

Resep: Louise Groenewald
Foto: Taylin Prins

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page