Your Recipe Blog

LEKKERSTE MAASKAASTERT

Avatar photo
Recipe by
oornag
| Servings: 12 porsies.

LEKKERSTE MAASKAASTERT

Die lekkerste maaskaas tert wat daar is. Ek het nie maaskaas in die yskas gehad nie so toe gebruik ek roomkaas in die plek van die maaskaas. Dit was baie lekker. Sal nie weer ander resep gebruik nie. Was ook vinnig en maklik gewees om te maak. Beslis ‘n wenner.

  • Kors:
  • 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
  • 100 ml gesmelte botter
  • Vulsel:
  • 2 x 230 g gladde maaskaas
  • 250 ml room
  • 250 ml strooisuiker
  • 100 ml suurlemoensap
  • 15 ml gelatien

Kors:
Maak die beskuitjies fyn en meng dit met die gesmelte botter.
Druk dit op die bodem en teen die kante van ‘n gesmeerde losboompan van 22 cm. Verkoel tot benodig.

Vulsel:
Klits die maaskaas, room en strooisuiker tot glad.
Verhit die suurlemoensap tot net onder kookpunt, verwyder van die hitte af en strooi die gelatien oor. Roer tot opgelos.
Voeg dit by die maaskaasmengsel en roer deur.
Giet die vulsel versigtig in die kors en verkoel oornag.
Versier met vars vrugte -of smeer suurlemoensmeer (Lemon Curd) oor.
Vir die suurlemoensmeer op die foto het ek die volgende resep gebruik:
https://yourrecipeblog.com/recipes/tasty-granadilla-curd/
Bêre in yskas tot benodig.

Resep geplaas en foto: Marika Tegmann

One Review

  1. Ida

    hierdie is ń wenner, ek maak dit vir elke saamkuier

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page