LEKKERSTE EN VINNIGSTE MELKTERT
- Kors:
- 125 g botter
- 125 ml suiker
- 1 eier
- 500 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
Room botter en suiker tot romerig.
Sit die eier by en klits saam.
Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng goed tot dit ‘n deeg vorm.
Rol deeg uit, nie te dun ook nie te dik nie, sit in tert panne as kors.
Bak tot gaar by 180 ºC vir ongeveer 15 – 20 min of tot gaar.
- Vulsel:
- Meng die volgende en bring tot kookpunt:
- 1 liter melk
- 100 ml suiker
- 5 ml vanilla geursel
- Meng die volgende saam:
- 45 ml Maizena
- 45 ml vlapoeier
- 45 ml koekmeel
- knippie sout
- 3 eiergele
- 100 ml melk
Voeg die meelmengsel by die warm melkmengsel.
Roer aanhoudend op lae hitte tot verdik.
Haal van stoof af.
Klits eierwitte styf en meng in met ‘n elektriese klitser.
Skep die vulsel in die gaar kors.
Strooi kaneel oor en laat afkoel.
Resep en foto: Stella Christelle Jansen