LEKKERSTE BRUINBROOD OOIT
- 1 koppie crushed wheat (gerolde koring of bruin broodmeel)
- 1 koppie koekmeel
- 1⅓ koppie Nutty wheat
- 1 teelepel koeksoda
- ⅓ teelepel sout
- 2 teelepels bruinsuiker
- 2 teelepels heuning
- 500 ml karringmelk
Voeg suiker en heuning by die karringmelk. Meng die droë bestanddele goed saam. Roer karringmelk, suiker en heuningmengsel by. Sit in gesmeerde broodpan. Bak 1 uur lank by 180° C.
Alternatiewe metode:
Voorverhit oond tot 200° C. Maak brood klam, draai in foelie, plaas in oond en draai oond na 120° C en bak vir 40 minute. Brood vries uitstekend.
Resep: Derek Auret
Foto: Magda Badenhorst












