Your Recipe Blog

LEKKER SOETPATATS

LEKKER SOETPATATS

Het hierdie heerlike soetpatats in die Weskus by Lambertsbaai geëet en moes dit net self doen. Sal nooit weer my patats op enige ander manier kook nie. Lekker soet patats – jy sal jou lippe aflek!

  • 200 ml suiker
  • 25 ml botter
  • 2 ml fyn kaneel of 2 – 3 kaneelstukkies
  • 1 ml fyn gemmer
  • 4 – 5 middelslag patats, geskil en in skywe gesny
  • knippie sout
  • 12,5 ml gouestroop
  • 50 ml water
  • 2.5 ml mosterdpoeier, opsioneel

Plaas die suiker, botter, gemmer, kaneel en gouestroop in ’n kastrol en laat kook oor lae hitte totdat dit begin verbruin. Voeg die patats, sout en water by. Kook oor matige hitte tot die patats sag en die sous taai is.

Maryna Viljoen:
En dan sit jy hierdie gaar patats in warm voorbereide bottels, maak goed toe en hou op koel plek.
Ek bêre myne vir so lank as 5 jaar. Verhit net weer voor ete, ‘n wenner vir bottel!!

Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock
2de foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page