Your Recipe Blog

LEKKER ROOI RISSIESOUS

Recipe by
Cook: 15 minute + 10 minute

LEKKER ROOI RISSIESOUS

Ek wil graag die reseppie met julle deel, dis heerlik by pasteitjies of byna enige iets.

  • 34 klein brandrissies, gekerf met meeste sade verwyder
  • 700 g rooi soetrissies, gekerf
  • 1 liter asyn (enige)
  • 1.5 kg suiker
  • ½ eetlepel growwe sout
  • 5 eetlepels opgehoopte Maizena, gemeng met n bietjie water

Voeg die asyn en suiker in ‘n kastrol en verhit stadig tot die suiker opgelos is.
Voeg al die rissies by, bring tot kookpunt en kook redelik vinnig op hoë hitte vir 15 minute.
Voeg die Maizena by en roer totdat die sous begin verdik.
Verlaag hitte en prut vir nog 10 minute tot die sous verdik. Roer aanhoudend.
Bottel die mengesel warm in vooraf gesteriliseerde flesse.

Nota:
Dit klink vreeslik “hot” maar dis heeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page