Your Recipe Blog

LEKKER MIKROGOLF SOUSKLUITJIES

Recipe by
| Servings: 3 porsies

LEKKER MIKROGOLF SOUSKLUITJIES

  • Sous:
  • 10 ml botter
  • 50 ml suiker
  • 2,5 ml kaneel
  • 25 ml mielieblom
  • Kluitjies:
  • 125 ml koekmeel
  • 10 ml suiker
  • 5 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 10 ml botter
  • 30 ml melk
  • 1 eier
  • botter en kaneel vir bo-op

Plaas ongeveer 2 cm water in ‘n bak, roer die botter, suiker en kaneel by.
Mikrogof op 100% krag vir 5 min.
Roer die maizena wat met ‘n bietjie water aan gemaak is by.
Mikrogolf weer 3 min. roer na 3 min, en sit terug in die mikrogolf.
Hou in mikrogolf terwyl jy die res meng.
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter in die meelmengsel in.
Meng melk en eier en voeg by die meelmengsel.
Meng goed, skep lepels vol in die sous.
Sit ‘n deksel op of maak toe met kleefplastiek en mikrogolf vir 2 min.
Stip met botter en strooi kaneel oor.
Geniet.

Resep: Petra Nel
Foto: Marthie Buitenhuis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page